Hy gee die vermoeides krag,
Hy versterk dié wat nie meer kan nie
Jesaja 40:29
CLOC-IN SENTRUM VIR BEJAARDES
Clocolan is ʼn klein, rustige dorpie waar jy kwaliteit lewe in ʼn boeregemeenskap kan geniet. Die dorpie is langs die R26 geleë, sowat 170km vanaf Bloemfontein en 130km vanaf Bethlehem aan die voet van die Hlohlowaneberg. Dit is weens ʼn verkeerde uitspraak van die Sotho-woord “Hlohlowane” wat die dorp sy naam ontleen.
By Cloc-In Sentrum vir Bejaardes sal jy met deernis behandel word en uitsonderlike diens ervaar.
AKKOMMODASIE
Hetsy jy opsoek is na onafhanklike wooneenhede of hulp aan verswakte sorg benodig, Cloc-In kan jou help.

Selfsorg-
woonstelle
Aparte kamer en badkamer met ʼn oopplan leef- en kombuisarea.
• 4 x Twee-kamer woonstelle
Woonstel wat gesamentlik of apart gehuur kan word. Twee persone kan elk ʼn kamer gebruik wat met ʼn deur geskei word. Of persone wie alleen bly kan die ander vertrek as ʼn leefarea inrig.
• 17 x Bachelor woonstelle
Oopplan slaap- en leefarea met ʼn aparte kombuisie en badkamer.
• 2 x Luukse eenslaapkamer woonstelle
Groot woonstel met ruim spasie.

Verswakte
afdeling
Vol-sorg saal
• 7 x bed saal wat badkamer geriewe deel
• 1 x ruskamer vir die gebruik vir woonstel inwoners wie tydelike versorging benodig
DIENSTE
Cloc-In Sentrum vir Bejaardes bied 'n verskeidenheid dienste wat inwoners kan geniet. Hier is 'n lys van sommige van die dienste wat aan inwoners gebied word. Neem asseblief kennis dat addisionele fooie vir sommige van die dienste geld.
- 3 x etes per dag
- Koffie en tee word 4 x per dag bedien
- Snoepie
- Wasgoeddienste
- Afdakke beskikbaar
- Tuindienste
- 24 uur versorging
- Beskikbaarheid van opgeleide versorgers en ‘n suster vanaf 07:00 to 19:00, x7 dae ’n week
- Medikasie hantering en toediening soos deur die dokter voorgeskryf.
- Medikasie kan gaan kry word vanaf die staatskliniek.
- Kliniek op die perseel elke Woensdag
- Haarsalon
- Verskaffing van doeke en suurstof
- Vervoer na Ladybrand, Ficksburg, en Bloemfontein


Kontak ons gerus vir meer inligting:
Piet Retief Straat 27,
Clocolan
